Van OERKNAL tot OORBEVOLKING bestaan uit twee onafhanklike dele:
Die eerste deel vertel die geskiedenis van die onstaan van die heelal in maklik verstaanbare vorm, deur ’n ooggetuie - naamlik Yog, ʼn kwark. Volgens die mees aanvaarde opvatting van die huidige wetenskap bestaan alles uit kwarks en elektrone, dus weet kwarks als oor alles. Hulle is sonder emosies en derhalwe absoluut objektief. Yog beskryf die onstaan van elementêre deeltjies, atome, materie, gaswolke, galaksies, sterre, planete, mane, komete en ander hemelliggame, tot by die planeet Aarde.
Die tweede deel handel oor die ontwikkeling van die mensdom en sy eienaardighede. Dit beskryf die evolusie van mensape tot aapmense en die huidige Homo sapiens, die moderne mens. Die oorsprong van kliektaal in Suider Afrika – waarskynlik die moeder van alle tale – word geskets. Dit blyk waarskynlik dat nie net die oorsprong van die lewe nie, maar ook die eerste wortels van die mensdom in Suider Afrika lê. Yog som die belangrikste verskille tussen mense en ander diere op, insluitend hulle abnormale seksuele gedrag. Dit vind dat die mensdom die evolusie deur tegnologie verbygesteek het en dat die grootste probleem op planeet Aarde teenswoordig die oorbevolking met mense is.
Die boek is bedoel vir nuuskierige „mense soos jy en ek“ van alle ouderdomsgroepe en bied vir hulle die onstaan van die heelal in maklik verstaanbare, kronologiese volgorde aan. Dit bevat geen formules, diagramme, sketse of voetnote nie, om die afskrikkende voorkoms van ʼn teksboek te vermy. Die teks word opgehelder deur spotprentagtige tekeninge.
Seguir leyendoexpand_more
Título : Van OERKNAL tot OORBEVOLKING
EAN : 9789994571390
Editorial : Siegfried Eckleben
Fecha de publicación
: 1/8/12
Formato : ePub
Tamaño del archivo : 2.3 mb
Protección : CARE
El libro electrónico Van OERKNAL tot OORBEVOLKING está en formato ePub
protegido por CARE
- check_circle
Este eBook es compatible para su lectura en la aplicación Vivlio de iOs y Android.
- check_circle
Este eBook es compatible para leer en My Vivlio.
- check_circle
Este eBook es compatible para su lectura en el lector Vivlio.
- check_circle
Este eBook es compatible para su lectura en un e-reader Vivlio.
¿Quieres leer en un eReader de otra marca? Sigue
nuestra guía.
Conectarme
Mi cuenta